TAAL IN DIE ONDERWYS
DIE ROL VAN TAAL IN OPVOEDING
Die PanSAT beoog om:* die gebruik van primêre tale as tale van leer en onderrig (TLO) te bevorder;* die beginsel van moedertaal-/huistaal-onderrig vanaf die primêre vlak tot die hoogste vlak van die onderwys te ondersteun;* die ontwikkeling van opvoeders in hulle beroep te ondersteun en hulpmiddele te ontwikkel om die status van primêre tale te verhoog;* veeltaligheid in skole te bevorder;* strategieë en veldtogte vir veeltalige onderwys en opvoeding te ontwikkel;* areas in taal in die onderwys te identifiseer wat tot verdere taalontwikkeling aanleiding sal gee; en* as 'n adviesliggaam vir die Departement van Onderwys met betrekking tot beleid en kurrikulum-ontwikkelingsake te dien.
DIE WAARDE EN IMPAK VAN TAAL IN DIE ONDERWYS
Taal in die Onderwys staan sentraal aan die bevordering en ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse tale, veral daardie tale wat voorheen gemarginaliseer is. Die PanSAT ondersteun:* die erkenning, bevordering en ontwikkeling van alle Suid-Afrikaanse tale, veral dié wat voorheen gemarginaliseer is, deur middel van huistaal-onderrig en 'n veeltalige beleid;* bevindings in navorsing wat tot dusver uitgevoer is, wat die klem lê op die waarde van huistaal as 'n taal van leer en onderrig (TLO) vir kognitiewe ontwikkeling gedurende vormingsjare; en* denkwyses wat suggereer dat 'n stewige fondament in die leerproses gebaseer is op vroeë kognitiewe ontwikkeling.
VEELTALIGHEID IN DIE ONDERWYS
Die Suid-Afrikaanse Taalbeleid weerspieël 'n sterk posisie rakende veeltaligheid. Veeltalige opvoeding behels die voorsiening van doeltreffende tweetalige onderwys. Implementering van hierdie beleid behoort die volgende resultate op te lewer:* bemagtiging en nasionale ontwikkeling van individue en gemeenskappe;* versnelling van ontwikkeling deur die bevordering van gelyke en regverdige gebruik van die amptelike tale in Suid-Afrika, met spesiale klem op voorheen gemarginaliseerde tale;* verhoogde bewustheid in die veldtog vir taalregte, asook gelyke toegang tot kennis en inligting vir alle burgers; en* verhoogde gevoelens van nasionale eenheid en die waarde van multikulturalisme uitgedruk deur veeltaligheid.In die praktyk impliseer veeltaligheid dat, waar die huistaal as die taal van leer en onderrig (TLO) prioriteit geniet, 'n bykomende tweede taal tegelykertyd ontwikkel kan/behoort te word, hetsy slegs as 'n vak of as 'n tweede taal van leer en onderrig.Die regering en die Departement van Onderwys is voorstaanders van 'n additiewe benadering tot veeltaligheid.Die PanSAT beskou veeltaligheid as die spil waarom die ontwikkeling en bevordering van alle amptelike tale in Suid-Afrika draai, veral die tale wat voorheen gemarginaliseer is en die Suid-Afrikaanse Gebaretaal, asook die Khoi-, San- en Namatale.Aangesien taalkundige uiteenlopendheid 'n hindernis vir kruis-kulturele kommunikasie word, glo die PanSAT dat aktiewe bevordering van veeltaligheid 'n baie gewenste middel tot die bewerkstelliging van kommunikasie is.
BESPREKINGSFORUM VIR OPVOEDERS
* Die Forum sal geskep word as 'n platform vir opvoeders om professionele kennis en gedagtes uit te ruil.* Dit sal help om die gaping tussen opvoeders te oorbrug en om die gevoel van isolasie onder onderwysers uit die weg te ruim.
* Dit sal navorsing onder individuele leerlinge en opvoeders aanmoedig en stimuleer.* Die deel van onderrigmetodes in 'n veeltalige milieu oor die kurrikulum heen sal deur die werking van die Forum aangemoedig word.
* 'n Gees van vernuwing, gekenmerk deur 'n uitruiling van idees, sal deur veeltaligheid bevorder word. * Die bestaan van die Forum sal toelaat dat die begrip van verdubbeling in die praktyk toegepas word.* Verdubbeling sal aanleiding gee tot die vorming van die Leerdersforum, wat tot 'n internasionale netwerk (Leerders se veeltalige geselshoekie) kan groei.
NAVORSING EN ONTWIKKELING
Navorsing en ontwikkeling (samevatting, kontakbesonderhede en koppelings).Voltooide projek 1. Leerders se persepsie van die onderrig en leerproses van isiXhosa eerste taal in Oos- en Wes-Kaapse Hoërskole deur G. BarkhuizenDie hoofdoelwit van die navorser was om die rede vir swak prestasies en 'n gebrek aan belangstelling in Afrikatale vas te stel. (Kliek vir verdere inligting.)2. Die tweetalige (Engels/Lesotho sa Leboa) versameling van 12 Wetenskapvraestelle vir matrikulasie-eksamens van die verlede en hulle oplossings deur P.T PareDie bevindings behoort bekend te maak of leerlinge se prestasies verbeter kan word vanweë die gebruik van 'n taal anders as Engels vir hersiening. (Kliek vir verdere inligting.)3. Die Deurbraak tot Geletterdheid, Graad 2 en 3 deur Molteno-projekHierdie projek was gerig op die ontwikkeling van materiaal vir Grade 2 en
3. Die ontwikkelde materiaal bevorder onderwys met die moedertaal en/of twee tale as medium van onderrig. Die MacDonald-basislyn van evaluering en verslag bied waardevolle inligting vir die ontwikkelaars van materiaal. (Kliek vir verdere inligting.)4. Graad 1 Moedertaal-geletterdheidsprojek deur SAILI-projekHierdie ontwikkelingsprojek is gerig op die vestiging van 'n stewige fondament vir elke leerder se begrip van wiskundige begrippe, en om onderwysers toe te rus met die vaardighede wat nodig is om lees te onderrig en om veeltalige klaskamers te kan hanteer (tweetalige geletterdheid). (Kliek vir verdere inligting.)Projekte tans aan die gang 1. Dubbele-mediumskole-program deur P. PlüddemannDie doel van hierdie navorsing is om die algemene oortuiging dat Engels die enigste taal van opvoedkundige waarde is, te beveg. (Kliek vir verdere inligting.)2. 'n Ondersoek na die moontlik effekte van 'n Engelse opvoeding op Huistaal-bekwaamheid deur S. SuzmanHierdie navorsing het ten doel om die uitwerking van Engels op Huistaal-vaardigheid in Graad 5 te evalueer. (Kliek vir verdere inligting.)
KALENDER VAN GEBEURE